Murphy Se Wet bepaal dat alles wat kan verkeerd loop, verkeerd SAL loop. Dié gesegde is so van 1952 se kant as Murphy Se Wet bekend, maar sy wortels lê veel dieper in die verre geskiedenis.
Rondom 1870 reeds het die volgende versie in ‘n Amerikaanse koerant in die deelstaat Ohio verskyn:
I never had a slice of bread,
Particularly large and wide,
That did not fall upon the floor,
And always on the buttered side.
Ek lees nou die dag weer ’n artikel in die tydskrif Superfiets-September, 1981 van Floors van die Vrystaat met sy 1942 Harley Davidson mouterbaaik. Ek selwers het vir veertien jaar ’n draai gemaak in die Vrystaat en het ’n 1942 Harley met syspan wat ek al twee keer gerestoureer het. Die baaik is in 1970 op ’n Saterdagmiddag gekoop vir R50 by ene dokter Moore se seun wie geld benodig had vir sy passaat na Amerika. Hy het die Harley by 4VRP (Voertuig Reserwe Park) gekry om te gebruik vir die skiet van ’n film.
In die dokter se wagkamer sit ‘n mens gewoonlik maar op naalde en spelde, nie wetende wat jou gaan tref nie. Dis seker die spanning in die lug wat mede-pasiënte soms so koddig laat optree.
Ek en ’n vriend van my Pierre, dit is nou nie Pierre de Charmoy nie, maar Hugo, en word uitgespreek “you go”, soos in Hugo Porta, het gaan jag op hul plaas Stavoren daar anderkant Marble Hall.
Elke melktandjie wat gewissel word, kom slaaptyd onder die kopkussing of in 'n glas water langs die bed. In die nag sluip die tandemuis (of tandefeetjie) stilletjies in en ruil die tand vir 'n muntjie, lekkerny of ander presentjie. Die tradisie is omtrent oral op ons planeet deel van kinders se fantasiewêreld.
Ons merk dat die politici deesdae weer redelik behep is met die idee om alles na die eerste 100 dae terugskouend in oënskou te neem. Ons wil nie graag met politici vergelyk word nie maar het dit tog goed gedink om wel bietjie terugvoer te gee oor die eerste 100 dae van lewenslig vir Lekkerafrikaans.com.
















