Die Oujaarsdans

Oujaarsdans"Dans met die rooirok, die hartlam van my ..." So lees die sameroepster se opskrif waar sy die Groter Memphis Boeregarde oproep tot 'n Oujaar opskop. Die dames in ons huis is reeds doenig in die kombuis. 

Soos gebruiklik, sal ek uit die staanspoor kyk of ek geselskap teen die muur kan raakloop om daar 'n balans te vind tussen keel natmaak en droogpraat. Soos ek en Johan destyds op Skukuza.

Lank, lank gelede, toe almal nog vir my meisie help soek het, reël 'n paartjie dat ek saam met hulle en 'n vriendin van hulle gaan dans, van alle dinge! My ma kom tot my redding, en leer my cha-cha, wals, foxtrot, samba, en ander sulke goed, selfs bop, waarmee die bure lank tevore reeds met my moed opgegee het.  My pa kon glo dans dat die dames voel of hulle sweef. Maar om die drills te ken is een ding. Om oorlog te maak 'n ander. Arme meisie.

'n Keer by Botaniese Opnames se partytjie gryp die baas se vrou my, onseremonieel. Ek pleit en baklei, maar not. Sy sal my dan nou leer. Halfpad om die baan, eerste rondte, gooi sy my weg: "Sit, you're useless!". Dankie tog, sy was vinnig van begrip. 

By Skukuza se genoemde opskop, het Maryna my darem 'n keer laat dans, die nommertjie entuit. Sy't vir my gelieg dis 'n wals (gehoor ek sien kans vir 1-2-3, 1-2-3, 1-2-3...) en my sodoende laat wals op die maat van een of ander iets. Ek het só gekonsentreer dat ek nie agtergekom het hoeveel vermaak ek verskaf nie. Dié dat ek en Johan toe maar verder doen wat ons in die omstandighede die beste kan doen, daar eenkant by 'n tafeltjie, terwyl ons ter versagting 'n murgbeen uitklop.

Voorspoedige Nuwejaar!

Deur Ben Coetzee, Collierville, Tennessee, VSA
Opmerkings
Freddie Burger  - oujaarsdans |2009-01-01 00:01:31
Ben, in ons huis was daar altyd een of ander dans-korbalklub, jukskei of somaar net. Ek, nee ek het maar hier in Alaska kom leer waarom my nommeer veertiens nie ritme kon kry nie, hulle is bedoel om veldmeuispaadjies in die sneeu te trap.
Balke toe vir almal wat kan! (Indien nodig kan ek die uitdrukking aan die jonges verduidelik-lekker ou koeimis!*
Voorspoedige Nuwejaar,
Freddie Burger
Redaksionele Span  - Voorspoed |2009-01-01 00:05:22
'n Baie gelukkige en voorspoedige 2009 aan al ons lesers!
Ben Coetzee  - Balke toe! |2009-01-01 22:44:22
Daar verras ek toe myself. Eers die ou wie se voete die minste beweeg, lank en aandagtig dopgehou, toe my eie voete versigtig aan die gang gesit, gevoel hoe val hulle in by die musiek, en kort voor lank was dit balke toe!
Slegs geregistreerde lede mag opmerkings maak en kommentaar lewer!
Kliek hier om te registreer.

3.23 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 

LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 18 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

Klik. Koop. Laat Loop.
Banier
Banier