ADVERTEER NET HIER IN LEKKER AFRIKAANS

As daar nou ooit 'n gaping was in die mark, dan is dit met Afrikaanse advertensies! Ons praat nie eens van kwaliteit advertensies nie want daar is eenvoudig nie Afrikaanse advertensies nie. Miskien ook omdat daar bitter min kwaliteit Afrikaanse webtuistes is.

Hoe dit ookal sy, doen jouself 'n guns en gaan kyk na ander Afrikaanse webtuistes en kyk dan sommer ook of daar wel Afrikaanse advertensies is. Selfs Afrikaanse televisie kanale word aan die gang gehou met Engelse advertensies! 'n Verdere goeie voorbeeld is dat selfs Google, wat hom daarop roem dat hy alle taalgroepe bedien, 'n magdom engelse advertensies afvoer na webtuistes wat in Afrikaans wil adverteer. Kyk maar net na die voorbeeld hier op Lekkerafrikaans.com - in die linkerpaneel van hierdie blad het ons 'n "Google AdSense" advertensieblok - die opskrif is in Nederlands ("Ads door Google") en jy is gelukkig as jy twee uit die vier of meer advertensies wat afgevoer word in Afrikaans gaan sien! [Ons werk daaraan om hierdie situasie ook te verander]

Afrikaanssprekende verbruikers is 'n geweldige groot en koopkragtige nismark. Afrikaanssprekendes hou ook daarvan (dalk meer as meeste ander taalgroepe) om op 'n kreatiewe manier vermaak te word en om hul koop-impulse gestimuleer te kry. Dalk is dit omdat mens wel uiters kreatief kan wees in Afrikaans.

So hoekom dan nie saam met ons hierdie nuwe veld betree nie? Adverteer net hier op Lekkerafrikaans.com in lekker Afrikaans!

Ons is beslis nie rigied in ons denke nie en maak voorsiening vir 'n verskeidenheid van groottes, tipes en verskillende pakkette van advertensies. En ons gaan ook nie 'n plaas se geld daarvoor vra nie!

Dit is eerder ons doel om saam 'n veldtog te beplan en 'n pakket te beding om maksimale blootstelling te bewerkstellig. Pakkette is beskikbaar vir 3, 6, 9 of 12 maande en die plasing van advertensies kan geskied op verskillende voorafbepaalde bladsye of afdelings van die webtuiste of op al die bladsye. 

Die volgende groottes banieradvertensies is beskikbaar:

- 120 x 60 pixels - Druk my asseblief Knoppie 2 ("Button 2")
- 120 x 90 pixels - Druk my asseblief Knoppie 1 ("Button 1")
- 120 x 240 pixels - Vertikale Banier ("Vertical Banner")
- 120 x 600 pixels - Wolkekrabber ("Skyscraper")
- 300 x 250 pixels - Medium Reghoek ("Medium Rectangle")
- 468 x 60 pixels - Volle Banier ("Full Banner"), en
- 728 x 90 pixels - Groot Kokkedoor ("Leaderboard")

Al hierdie groottes is in ooreenstemming met Internet advertensie standaarde so jy sal dieselfde advertensie ook kan gebruik op ander webtuistes wat voldoen aan hierdie standaarde.

Sodra ooreengekom is oor die spesifieke pakket sal ons die advertensie ontwerp volgens die spesifikasies soos ooreengekom, Publikasie van die advertensie sal dan geskied sodra die advertensie goedgekeur is deur die kliënt.

Kontak ons gerus om jou Afrikaanse advertensie veldtog te bespreek. Om dinge so maklik moontlik te maak, besoek gerus ons "Kontak ons" bladsy waar jy al die nodige inligting sal kry om die bal aan die rol te sit.

Ons verneem graag van julle.

 

Lekker Skryf - In die algemeen >

 

LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 34 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

Klik. Koop. Laat Loop.
Banier
Banier