Oor die gevare van kaalvoet loop in die wildernis het ek my iewers – in my bosboek Buurman van die Wildtuin, meen ek – ewe slimjan uitgespreek. Teen my eie verstandige advies in braai ek egter hierdie vakansie in Sabiepark een aand ‘n vleisie met (in polisieterme) ongeskoende voete.
Weet julle hoe brand die kooltjie van ‘n vurige vleisbraaivuur as jy hom diep in die sagte kussing van jou voet wegtrap? Tokkie was dadelik byderhand met ‘n blokkie ys. Maar ek het omtrent ‘n riel gedans.

As daar enige twyfel bestaan of Afrikaans wel een van die mees beskrywende tale is, is daar ’n maklike manier om dit op die toets te stel.
Eendag, eendag, glo ek, gaan daardie watergat langs die Kruger-wildtuin se Salitjepad ons weer beloon.
In
Neels Jackson berig in 











