"Bye is mak op so 'n koue, natterige dag," was die inset van een van die jongens toe ons wonder watse kak ons nou op die betrokke dag kon aanjaag. Vakansies op hierdie Laeveldse kleinhoewe was altyd 'n fees — ek en my broer wat kuier by Francois en Nobbie, onderskeidelik dieselfde ouderdomme en nagenoeg van dieselfde stoffasie.

Ek hoor die annerdag weer iemand wat sê - “In die dae toe…”. Ek kry toe die gedagte om ’n paar van hierdie frases wat ek al gehoor het neer te skrywe, en wel soos volg:
Wat 1941 - my geboortejaar - betref, was oorlog en musiek stalmaats. In die Tweede Wêreldoorlog het te midde van al die troostelose ellende musiek gekom wat onvergeetlik geword het.
Mens kan darem sekerlik nie verkwalik word as jy so nou en dan bietjie terugdink, meestal met heimweë, aan die sogenoemde "interessante ou dae" nie. Inteendeel, deesdae word mens deur die stygende petrolpryse, onbekostigbare voedselpryse en onregverdige rugbyskeidsregters gereeld gedwing om bietjie terug te sit en herinneringe aan vervloeë dae op te roep.











