Alledaagse Gebruik van Afrikaans

In hierdie afdeling aanvaar ons benoemings vir enige persoon, uitgesluit Kunstenaars en Media en Instansies, wat na julle denke op die voorgrond geplaas behoort te word vir hy/sy se gereelde gebruik van Afrikaans - en uiteraard dan ook die manier waarop die persoon Afrikaans besig.

Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien  in met 'n foto (indien nie geredelik beskikbaar op die Internet nie) en 'n kort motivering vir die benoeming.

Onthou dan ook om te stem vir die benoemings wat reeds hier geplaas is.

In die volgende kategorie kyk ons na die benoemings vir Kunstenaars en Media.



Mavis Hutchinson

Besoekers Beoordeling:   / 8
Gewone Bydrae /  / Hoogs Gewaardeerde Bydrae  

Mavis HutchinsonMavis Hutchinson, in die sewentiger jare oraloor Suid-Afrika bekend as die "Gallopende Ouma", verskyn 'n paar maande terug op televisie in 'n onderhoud en, tot ons verbasing, praat sy vlot Afrikaans - inteendeel, by tye dring sy selfs aan om voort te gaan in Afrikaans - selfs wanneer die aanbieder wou handjie bysit deur Engelse vrae te vra... Voorwaar 'n waardige benoeming!

Sy is veral bekend vir die feit dat sy die eerste vrou was wat aan die Comrades Marathon deelgeneem het, verskeie Comrades en ander ultra marathonne voltooi het en ook die eerste vrou was wat dwarsoor Amerika gehardloop het. Vroeg vanjaar, op ouderdom 82, wen sy ook die 200 meter by die Wêreld Meesters Kampioenskappe. Wel gedaan Ouma!

 

Mathews Phosa

Besoekers Beoordeling:   / 8
Gewone Bydrae /  / Hoogs Gewaardeerde Bydrae  

Mathews PhosaMathews Phosa is die voormalige Premier van Gauteng, het verskeie sakebelange, is die huidige verkose Tesourier-Generaal van die ANC en dit is alombekend dat hy na die verkiesing in 2009 bestem is vir 'n top posisie in die regering.

Hy verskyn gereeld op die openbare verhoog en skroom nie om sy sê te sê in Afrikaans nie, selfs ook in formele vergaderings. Hy het ook reeds 'n aantal gedigte gepubliseer in Afrikaans.

Sy bydrae tot die gebruik van Afrikaans word waardeer.

 

LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 23 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier