Algemene Inligting aangaande "Op die Voorgrond"

"Op die voorgrond" is geskep om erkenning te gee aan diegene wat in die alledaagse omgang en aktiwiteite moeite doen om in Afrikaans te kommunikeer, om dit op 'n goeie en lekker manier te doen en/of sommer net, teen die verwagting in, pogings aanwend om Afrikaans as gebruikerstaal te bevorder.

Dit gee ons natuurlik die geleentheid om aan iedereen erkenning te gee - van die glans persoonlikhede tot Jan Alleman. Solank daar net een of ander openbare blootstelling verleen is/word aan die persoon, geleentheid of instansie.

Natuurlik plaas ons nie hiermee die erkening wat ons verleen op 'n gelyke vlak met die bewondering en eerbetoon wat ons het vir die "Groot Geeste" van Afrikaans nie - die C.J.Langenhovens, Andre P. Brinks, Audrey Blignauts en diegene. Nee, hier gee ons erkenning aan Jan en Alleman. Om die "Groot Geeste" te vereer het ons iets heeltemal anders in gedagte en werk ons aan die gedagte om reg te laat geskied aan die werk wat hulle gedoen het - en nog steeds doen.

Jy kan saam met ons werk aan hierdie afdeling op een, of albei, van twee maniere:

1. Stuur aan ons voorstelle vir persone, instansies, besighede, advertensies, ens. wat jy dink erkenning behoort te kry vir die manier waarop hulle van Afrikaans gebruik maak. Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien  slegs aan ons die naam van die persoon/instansie en 'n kort rede vir die voorstel.

2. Stem vir persone, instansies, besighede en advertensies wat reeds genomineer is op hierdie webtuiste. Met jou stem spreek jy jou waardering uit – op 'n skaal van 1 tot 5 – vir die bydrae waaraan erkenning verleen word vir die uitbou en gebruik van Afrikaans oor die algemeen. 

Voorstelle van erkenning vir bevordering van Afrikaans word geplaas onder drie kategorieë - Alledaagse Gebruik, Kunstenaars en Media en Instansies.

Vervolgens kyk ons na voorstelle in die kategorie Alledaagse Gebuik.



LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 17 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

Klik. Koop. Laat Loop.
Banier
Banier