Prosa, Gedigte en Rympies

Wie weet, miskien is jy die volgende groot Afrikaanse liedjieskrywer! As jy die behoefte het om te skryf, te dig of net bietjie te speel met versies en rympies, of dit alreeds doen, en graag jou gedagtes wil deel met ander, dan is hierdie die afdeling vir jou. Word 'n lid van Lekkerafrikaans.com en stuur vir ons jou oorspronklike werk en ons plaas dit net hier.

In die volgende afdeling van Lekkerafrikaans.com plaas ons sekere Afrikaanssprekendes wat Afrikaans op een of ander terrein bevorder op die voorgrond.

Skryf Saam



Volg my…

Kom saam met my. Volg my -
Kom ek wys jou my land:
Dis ‘n land vol verhale –
Aan die Oggendstêr se Ooste-kant;

Lees verder...
 

Na werk

Kan ons nie maar net vanaand

op die stoep bly sit

en kyk

na die berg se kaart

daar anderkant

Paarlberg se rant.
Lees verder...
 

Duifie...

Toe die maan oud en geel aan die hemel hang
word nagstilte oop geskeur met die Koningskreet
en die spinnerak vibreer
Insek, voël en dier word een met onrustige skaduwees
hul ruik die dood
eende kuikens kruip dieper onder donsvere in.
Duiker met haar sagte oë, gevul met vrees
laat sak haar kop
angs versprei trillend tot by haar pronk
die uurglas loop leeg,
kosmos trek sy laaste streep
Willoos-slap
spierwit pronk sidder wyl bloed sy bors en bek bevlek.

Lees verder...
 

Kartondoos kind…

'n Kartondoos kamer,
'n koerant kombêrs,
dis al wat hy het,
wyl die koue kners.

Lees verder...
 

Net Liefde

Ek is nie Skoonlief
van die strokies boek
geen glasskoentjies
om my ridder mee te soek
geen pampoenkoets
om my mee weg te voer
ek het nie ‘n goeie fee
om einas weg te vee
Al wat ek jou kan bied
is my liefde, my lied

 

Lees verder...
 

Druppels van Jupiter

Swoe…Swaaai…Rippeldraai!
Swoe…Swaa…Hiepoehaai!
Hiep! Hop! Haroehaai!
Swaai-swaai sag op jou skoppelmaai…

Lees verder...
 

Uit Sampie se dagboek

Ma en Pa het alweer gistraand vir mekaar geskree. Dis eintlik meer Pa wat raas want Ma huil net. Hulle dink seker ek kan nie hoor nie, maar as ek my oor teen die kamerdeur hou, hoor ek als. Dis nou al ‘n week wat dit so gaan. Die eerste keer het ek gaan kyk wat aangaan en Pa het my kamer toe gejaag en gese ek moet slaap. Toe was ek bang en ek het nie by die deur geluister nie. Ek kon sien Ma het gehuil want haar wange het geblink en Pa se gesig was rooi soos as hy kwaad is.

Lees verder...
 

Omdat jy ons kinders liefhet...

Omdat jy ons kinders liefhet
dink ek eerste nou aan jou
Omdat jy ons kinders liefhet
bly ek more reeds by jou
Omdat jy ons kinders liefhet
bly ek ten spyte van jou aan jou getrou
vergeef ek dit wat onvergeeflik heet
deel ek dit wat ek ondeelbaar meet
Omdat jy ons kinders liefhet is jy die mooiste mens
wat ek nog ooit vir myself kon wens!

Lees verder...
 

My kinders

In die eina-pyn nagte in Hartenbos
met 'n monster wat weier om my maag te los,
terwyl ek rondrol, raak my gedagtes vol
van die liefde vir my kinders wat met my hart rondjol!

Lees verder...
 

Seekoei se skete

SeekoeiSeekoeie ken die kuns om lui te lyk. Dis ‘n feit soos ‘n (see)-koei. Tienstuks van die luiste lui lummels in ‘n kuil naby Onder-Sabie in die Kruger-wildtuin het die inspirasie vir die volgende bosversie verskaf:

Een oefen kliphard om wydbek te gaap,
sy dikvriend lê heeldag en skommel en slaap;
waaraan ly daai luie donders?
Wrintiewaar…..dis hippo-konders!

Lees verder...
 

LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 15 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

Banier
Banier