Kuns en Kultuur

Die Nasionale Departement van Onderwys voer aan dat "... kunste en kultuur is ’n wesentlike deel van die lewe en omvat die geestelike, materiële, intellektuele en emosionele aspekte van mense se aktiwiteite in ’n gemeenskap. Kultuur kom tot uitdrukking deur die kunste en deur lewenstyle, gedragspatrone, erfenis, kennis en oortuigings. ’n Kultuur is nie staties nie – dit het ’n geskiedenis en konteks en dit verander, veral wanneer dit met ander kulture in aanraking kom."

Ons stem hiermee saam en skep in hierdie afdeling die geleentheid vir bydraes rondom Afrikaanse Kultuur. Onderwerpe soos musiek, literatuur, teater, radio, dans, visuele kunste, televisie, rolprente, ontwerp, kommunikasie, media, feeste en erfenis - en ja, om vleis te braai en dinge eg Afrikaans te doen. Deel gerus jou siening  en vertel vir ons van jou kulturele ervarings.

In die volgende afdeling gesels ons oor lekker Afrikaanse staaltjies en stories.Skryf Saam



Die Oujaarsdans

Oujaarsdans"Dans met die rooirok, die hartlam van my ..." So lees die sameroepster se opskrif waar sy die Groter Memphis Boeregarde oproep tot 'n Oujaar opskop. Die dames in ons huis is reeds doenig in die kombuis. 

Soos gebruiklik, sal ek uit die staanspoor kyk of ek geselskap teen die muur kan raakloop om daar 'n balans te vind tussen keel natmaak en droogpraat. Soos ek en Johan destyds op Skukuza.
Lees verder...
 

NEE, dêmmit, Stemmet!

Johan StemmetVanuit Melkbosstrand skryf Hennie van Deventer:

Vriend en vyand is gewoonlik uitermate verbaas as hulle hoor ek is een van daardie agtergeblewe blikskottels wat nie ‘n skottel het nie – braaiskottels, ja, ‘n hele verskeidenheid, maar ‘n DSTV-skottel hoegenaamd nie. 

My TV-kykery is dus skraal en die konteks waarin ek oordele uitspreek, bra beperk. Vandag wil ek – TV-agtergeblewene ofte not - egter oor Noot vir Noot iets sê, en ek gaan dit sê.

Lees verder...
 

Die Luisterlied

Laurika RauchToe ek ‘n rukkie terug van Laurika Rauch se optrede in die Centurion Teater lees, het my gedagtes onmiddellik ver teruggegaan. So ver as amper 30 jaar.

In daardie jare het sangers soos Min Shaw, Sonja Herold en Leonore Veenemans ons vermaak met hulle melodieuse sang wat meestal oor die liefde gegaan het. Of selfs Gé Korsten en Min Shaw wat harmoniseer met die Heidelied. Die woorde was bekend en ons kon daarmee identifiseer en dikwels hartlik saamsing.

Lees verder...
 

Die kaf en korrels van Afrikaanse musiek

Johannes KerkorrelBaie is die afgelope tyd oor Afrikaanse musiek gesê en, uiteraard, is alles nie positief nie. En dit is goed so want ons durf nie alles goedsmoeds aanvaar nie - veral nie as ons logies en oopkop die debat betree nie. Madeleine Barnard skryf die volgende in Rapport 'n paar weke gelede:

"Op ’n winderige Sondagmiddag, met die Kaapse Weskus verlam deur Eskom se beurtkrag, beland ek by Evita se Perron in Darling. Daar is darem ’n kragopwekker wat gerusstellend buite dreun. Dit hou die dakwaaiers aan die gang, en die musiek …

Lees verder...
 

Afrikaanse Radio - Hoe sterk is die sein nog?

Fanus RautenbachVroeër jare was een van die "steunpilare" van die alledaagse gebruik van Afrikaans die rol wat Afrikaanse gemeenskapsradiostasies gespeel het. Dit is nou natuurlik daardie stasies wat net vir 'n spesiefieke streek uitgesaai het en dit gedoen het in die gebruiksafrikaans van daardie streek. Mettertyd het die sein verflou - soveel so dat tereg gevra kan word of daar nog enigsins vandag wel radiostasies is wat ons gemeenskappe in Afrikaans bedien.

Die nimlike Fanus Rautenbach skryf 'n paar jaar terug so oor een van hierdie stasies - Suid-Kaap Stereo - wat vanaf Oudtshoorn uitgesaai het:

Lees verder...
 

LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 23 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

Klik. Koop. Laat Loop.
Banier
Banier