In die Algemeen...

Hierdie kategorie van lekker Afrikaanse artikels is daargestel vir algemene artikels wat nie noodwendig gepubliseer sou kon word onder enige van die ander, meer spesifieke, kategorieë nie. Stuur gerus vir ons artikels wat julle graag sou wou publiseer - al is dit sommer net 'n lekker geselsie wat jy wil aanknoop of 'n onderwerp wat jy graag wil aanspreek. Ons kan egter nie altyd waarborg dat alles gepubliseer sal word nie. Alle artikels, tensy anders aangedui, is deur die redaksie van Lekkerafrikaans.com en menings uitgespreek deur korrespondente is nie noodwendig verteenwoordigend van die redaksionele beleid van Lekkerafrikaans.com nie.

In die volgende kategorie van artikels kyk ons meer na sosiale - en tegnologiese tendense.

 

Skryf Saam



Marko, Diederik en San-Mari

Wiekie Moolman en HvDDie “ewige driehoek” is ‘n tema so oud soos die berge in romantiese fiksie –  jy tref dit aan in boeke, verhale in tydskrifte, rolprente (veral romantiese komedies), TV-stories (die sogenaamde “soap operas” of sepies) werklike operas en operettes, trefferliedjies deur die jare … en natuurlik die werklike lewe. Op die oomblik is Afrikaanse TV-kykers vasgenael voor die skerm terwyl die liefdesdriehoek tussen Marko, Diederik en San-Mari in die SABC2-sepie Sewende Laan ontvou (Ek noem dit sommer Half-sewende Laan omdat die program om 18:30 uitgesaai word.).

Lees verder...
 

Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep

Hennie en TokkieDit is nogal ‘n aardige ontdekking dat die name Hennie en Tokkie in die liewe Nederland as “leuke namen voor kippen” geag word. Dit is immers die twee bekendste name in hierdie Van Deventers se nameregister. “Hennie” behoort aan my; “Tokkie” is hoe my gade vir 42 jaar van haar kleindae af bekend is. Dat ons daardie twee dierbare name met Nederlandse hoenders deel, hou ontsenuende moontlikhede in. ‘n Mens sou in daardie karaktervolle stadjie Deventer in die provinsie Overijssel by ‘n KFC kan instap, en onwetend met ‘n stukkie Hennie-hoenderboudjie en ‘n stukkie Tokkie-hoendeborsie in jou boksie uitstap.

Lees verder...
 

’n Vredevolle Nuwe Jaar

Vrede in BettiesbaaiSluip daar soms ook ’n onrustigheid jou gemoed binne? Soms net ’n vae gevoel wat aan jou gemoed knaag en ander kere sterk en duidelik genoeg om jou ’n internasionale oproep of twee te laat maak? Duisende stemme, ook Afrikaanse stemme, pleit elke dag om rus en vrede. Dit voel soms asof ons magteloos kan uitroep: Skenk ons tog vrede, o Heer, skenk ons tog vrede! Daar is seker nie nog ’n woord wat soveel keer in gebede in alle tale geuiter word nie.

Lees verder...
 

Kersfees Kom!

Kersdiens in MetlakatlaWarm somerdae, die geur van dennenaalde, stukkies watte op die vloer onder die dennetak en Vader Krismis wat op ’n fiets aangery kom – so het die Kersfees van my kinderdae gelyk en geruik. En dan was daar die liggies. Veelkleurige liggies het om die lamppale gekronkel, blink oor die strate gewieg en deur die blare van bome geknipoog, terwyl ’n groepie takbokke ’n slee oor en oor die donkerte insleep. Kersfees kom! By Boksburgmeer het die blink water ’n sprokiesland weerkaats  en die kindergemoed gevul met verbasing, verwondering en ’n verlange om deel te wees van die geheime van die opwindende Kersfeesland.

Lees verder...
 

Die Doop-seremonie

ADS BrocchettoEk was by die doop-seremonie van ‘n seuntjie met die gewigtige name Alesandro Domenico Stefano Brocchetto. Die Stefano kom van die Stephanus van my swaer Fanie van Wyk, trotse oupa van die knaap.

Stephanus (Fanie) het Stefano in sy familiedooprok wat al geslagte lank kom, met groot sorg die twintig tree of wat van die motor af teen steilerige trappies gedra na die houtdek onder groot bome waar die plegtigheid plaasgevind het. Ondanks sy amper 70 somers is die “naamgenoot”  my swaer se eerste kleinkind.  

Lees verder...
 

Welkom Telkom!

Welkom TelkomAs die gruwels van vrot diens die dag opgeteken sou word in ‘n soort Guinness-boek van kampioen-gruwele sal hierdie chroniese slagoffer ook ‘n straaltjie of twee wil byvoeg.  

My kwota van minagting van verbruikersregte het ek darem ook al deeglik verduur, en stelle wat met “diensverskaffers” afgetrap is, vul ‘n dik bundel. Dalk is die ergste wat my al getref het, egter nie naastenby so erg soos wat ander arme drommels al getref het nie. Om daardie rede weerhou ek my van die versoeking om ‘n kroniek van HvD se guntelingstories oor afskeepdiens (of geen diens) hier neer te pen.

Lees verder...
 

www.nuwebegin@nz.hier.com.ek

Nieu SeelandVanuit Auckland, Nieu Seeland skryf Lijlanie Stander:

Kaalvoet oor die Drakensberge, of halfpad om die wêreld in ‘n ekonomies-beknopte 747.

Jou hele lewe in ‘n kakebeenwa agter ‘n paar osse, of jou hele lewe in ‘n “container” op ‘n skippie op die see.

Oorloë met Dingaan en Moshesh, of ‘n skaakspel met immigrasie.

Lees verder...
 

Wanneer jy kliek om te klik en dan verder kliek...

Klik of Kliek?Toe ons baie onlangs hierdie webtuiste stadigaan begin bekendstel het, het ek die vrymoedigheid geneem om ‘n paar Afrikaanse wyses te nader vir kommentaar op spesifiek die taalgebruik hier. Afrikaans is mos ‘n groeiende taal en dus behoort daar ook hier en daar ‘n debat te wees oor klein meningsverskille – of sommer net doodgewone onduidelikhede. Mens kan mos nie alles weet nie. 

Een so ‘n kopkrappertjie het gekom daar van die Kaap se kant af en is ons gebruik van “Kliek net hier” bevraagteken – met die aanbeveling dat dit eerder “Klik” moet wees.

Lees verder...
 

Soet, heerlik en bitter taai lekker toffies

Lekker taai toffiesOns moet lekker vér terugstap vir hierdie toffie, so’n sestigplus-jare. Daar, op daardie wondermooi Oos-Vrystaatse grootmaakplek aan die Maluti’s se voet, Ficksburg, was daardie één, besondere gunstelingplek, Levin se winkel. Hy’t als gehad. Ja, als, maar die beste van die alles was loshand die wêreld se beste toffies. En in daardie wonderlike kindertyd van kallers ry en kleilat speel op die walle van die Caledon het Ficksburg vir ons die hele aardbol volgelê, mildadig lekker soos Levin se toffies. Sulke groot vierkantiges, een-helfte so’n romerige wit en die ander helfte donker-toffiebruin. Toe ek hulle ontdek het, was hulle vier vir ‘n pennie. Die pennies daardie dae was maar skraps en tot my groot verdriet dus ook die toffies. ‘n Oortjie kon darem één koop, maar oortjies was ook maar meesal ‘n plaas se prys.

Lees verder...
 

Hoe "memorobaal" wil jy nou eintlik wees?

Afrikaanse TaalmonumentKyk, moet dit nou nie verkeerd verstaan nie. Ons wil geensins voorhou dat ons sogenaamde taal puriste is nie - geensins nie. Dit is net dat Afrikaans is seer sekerlik een van die beskrywendste tale wat daar is en geleentheid vir lekker oor die tong rollende gesegdes, spreukwoorde en uitdrukkings is daar meer as genoeg.

Maar - en dit is 'n maar wat met groot omsigtigheid gebruik word - gaan ons nie soms te ver met ons sogenaamde "vernuwende" gebruik van die Taal nie? Die afgelope paar maande van KykNet kyk, en na alledaagse gesprekke te luister, het mens genoop om hierdie vraag te vra.

Lees verder...
 

LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 22 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

Klik. Koop. Laat Loop.
Banier
Banier