Sport en nogmaals sport

Sport. 'n Klein woordjie met baie emosies - wat 'n hele land se ondersteuners se gemoedstoestand in 'n oogwenk kan verander. Gesels saam met ons oor jou sport - maak nie saak of dit rugby, krieket, tennis, atletiek, sokker, rolbal, jukskei of kennetjie is nie. Skryf vir ons oor wat met sport in julle omgewing aangaan en vertel vir ons van nuwe opkomende sterre of tendense.

In die volgende afdeling praat ons oor kuns en kultuur.Skryf Saam



Skouspelagtige rugby…?

Springbokke vs WallisEk moet erken dat, wanneer dit by provinsiale rugby kom, ek ‘n redelike onpartydige (seker meer verbintelose in die sin dat ek goeie rugby geniet) ondersteuner is – alhoewel daar tog ‘n tikkie emosionele aangetrokkenheid (!) is tot die Blou Bulle.

Genadiglik is die Currie Beker seisoen verby en is dit nou so dat die Haaie die nuwe kampioene is en dit is seker goed so. Ons moet altyd waak teen stagnasie en ‘n klein veranderinkie elke 12 jaar is seker nie ‘n slegte ding nie. Dit vat egter nie die effense seer oor die Bulle weg nie. Gelukkig is ek nie ‘n WP-ondersteuner nie!

Lees verder...
 

Tradisie van die springbokkop

SpringbokkopIn sy boek Ek Speel vir Suid-Afrika gee Danie Craven 'n pakkende relaas van die 1931-Springbokspan se eerste nederlaag van 30 - 21 teen die Middellandse Graafskappe op Leicester - en die gevolglike verlies van die tradisionele springbokkop.

Oor die tonele na die eindfluitjie skryf hy: "Binne 'n sekonde is al wat mens is op die veld. George Beamish, die kranige kaptein (van die Graafskappe) word van die veld af gedra. Met betraande oë verdwyn ons skuldig en skugter russen die mensestroom deur wat net oë vir hul eie spelers het.

Lees verder...
 

Humoristiese en vreemde staaltjies nie onbekend

Doodgewone RugbyspelerStaaltjies uit die verlede oor Sport is nou maar eenmaal 'n feit soos braaivleis saam met rugby - en dit is juis rugby wat klokslag sonder om teleur te stel seker maak dat daar genoeg stories te vertel is - en beslis nie net rondom die braaivleisvure nie. 

So 'n paar jaar terug, om meer spesifiek te wees, in 2002 skryf Fritz Joubert in die dagblad Die Burger oor van sy herinneringe uit die wêreld van rugby. Wat hierna volg is 'n uittreksel uit die artikel: 

Lees verder...
 

LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 24 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

Klik. Koop. Laat Loop.
Banier
Banier