|
Afrikaanssprekendes is regoor die wêreld versprei. Daar is egter min van ons wat met gemak daarop aanspraak kan maak dat ons ons eie land van hoek tot kant ken en al ervaar het. Dink maar net aan byvoorbeeld die Weskus, Namakwaland, die Hantam, Noord-Natal, Oos-Vrystaat, die Tuinroete. Dink ook aan dorpe en stede soos Kaapstad, Knysna, Montagu, Tulbach, Bloemfontein, Durban, Bethlehem, Oudtshoorn, Prins Albert, Dullstroom, Pretoria en vele, vele meer. Daar is dus nog soveel te leer en te ervaar!
Ons nooi julle almal uit om te skryf en te vertel van die streek, stad of dorp waar jy wonagtig is. Ook die duisende Afrikaanssprekendes wat woonagtig is in London, Kanada, Australië, Nieu-Zeeland, die Ooste en elders. En as jy sommer van die geleentheid gebruik wil maak om jou area te bemark is jy ook welkom om dit te doen!
In die volgende afdeling van lekker artikels gesels ons saam oor ons omgewing - oor plante, voëls, diere en die natuur.
|
'n Eilanddorpie in Alaska
In nog 'n boeiende aflewering van sy reeks artikels vertel Freddie Burger van Ketchikan, Alaska ons nog meer van Alaska.
Dit reën. Die water val moeiteloos en sorgeloos uit die lug. Onophoudelik stort dit neer. Daar was geen nood, geen dorre aarde wat smag na lewensvog nie, geen bidure, geen dae van verootmoediging nie, dit reën somaar net. Die water storm teen die berg af, borrel onderdeur huise wat op pilare gebou is, spat onverskillig oor berghange, plons uitbundig in poele en spoed skuimend voort na die see. Dit reën in Ketchikan Alaska – ons nuwe tuiste!
Lees verder...
Lief en Leed van ‘n Droster Egpaar
Ek en Jeanette woon, werk, en leef al byna 10 jaar in die VSA. Is al burgers.
Vanaand kom sy met ‘n storie wat uiteindelik die inspirasie verskaf om hier vanuit die vreemde saam te gesels op Lekker Afrikaans. Sy’t omtrént gesukkel om aan die outjie by Fresh Market se verstand te bring sy wil “a quarter pound of pastrami” hê. Die terme is presies reg, maar die vreemde klankie in die stem bly hom ontspoor. Dis nie eers of sy ‘n Engelse “banana” i.p.v. Amerikaanse “benêna” vra nie, “tomato” i.p.v “tomeito” nie, of “butter” i.p.v “budduh” nie.
Lees verder...
Alaska se Riviere van Ys
Verbeel jou, al is dit net vir ’n oomblik, dat jy 'n sneeuvlokkie is wat donsigwit en veerlig op die Juneau-ysveld neerdaal. Jou begeerte is om eendag aan die oewer van die Mendenhall-meer in Alaska as ’n kristalhelder, diamantblink stukkie gletserys in die handpalm van ’n mooi vrou te lê. (Ja, ek weet die veerliggedeelte is maar taai op die verbeelding, maar wees lief vir jouself en laat loop jou verbeelding.) Jou geduld sal net baie groter as jou verbeelding moet wees, want vandat die sneeuvlokkie op die meer van ys val totdat dit glinsterblink as gletserys so twaalf myl verder uitspoel, sal net ongeveer 250 jaar duur.
Lees verder...
Vyf sleutels tot die hart van Skukuza
Skukuza is verreweg die grootste kamp en die slagaar van die Kruger-wildtuin. Al die fasette van ‘n omvangryke infra-struktuur is daar saamgeknoop. Soek jy ‘n dokter, ‘n poskantoor, ‘n noodhersteldiens vir jou motor, noem op – Skukuza is die regte adres.
Nie alle Wildtuinbesoekers is egter versot op Skukuza nie. Te besig, sê baie. Hulle oornag net in die kamp as laaste toevlug – indien die ander kampe tjok en blok is. Vir diegene het ek nuus. Hier is my lysie van vyf sleutels tot die hart van Skukuza – en tot ‘n kuiertjie wat deur en deur die moeite werd sal wees.
Lees verder...
Na die land van Waveren
Toe die man met sy halfdood brein voor my sit en vir my vertel waar hy vandag oral pyn het, het ek geweet. Ek sal ‘n plan moet maak, want hierdie kan ‘n lang dag word. Net daar sê ek, met ‘n ferm stem wat geen teenstand duld nie: Ons gaan vandag rondry, sommer die hele dag. Hy vra nog waarheen, toe is ek al deur die stort en die bed is opgemaak. Ewe gedwee laat hy hom maar voortdu.
Koerant gekoop, motor vol brandstof, ry ons net na tien dié Sondagoggend van die petrolstasie af weg. Onthou gelukkig ook om die rit teller op nul te stel.
Lees verder...
Alaska – Land van die Middernagson
Freddie Burger van Ketchikan, Alaska skryf:
Dit is winter in Suid-Oos-Alaska. Dag en nag het saamgesmelt, die seisoen is een van donkerte, reën, sneeu en ys, maar veral reën. Die bere kruip onder hol bome in, die arende verhuis na waar dit lig en warm is en die salmeiers broei uit in ysige waters onder gevriesde mere. Sommige nagte as die reën en sneeu die gordyne toelaat om oop te trek, dans die noorderligte met veelkleurige gewaad oor ysvlaktes en sneeubedekte berge.
Lees verder...
Melk en Heuning
Hennie van Deventer van Melkbosstrand skryf: ‘Is ons nie bevoorreg nie?’ Dit is hoe dankbare Melkbossers groet as hulle op ‘n idilliese, windstil-dag op ‘n oggend- of aandwandeling op hul uitgestrekte wit strand by ‘n bekende verbystryk. Natuurlik is ons – hier in ons sjarmante, onopgesmukte Weskusdorpie in die skaduwee van ‘n diepblou Tafelberg.
Ek en my vrou, Tokkie, het maar eers in die middel van 1997 hier ingetrek, aanvanklik ook net as aftree-eksperiment. Maar gou-gou het die lewensruimte en -kwaliteit, die verfrissende vars lug en die knusse kleindorpse atmosfeer ons harte gewen.
Lees verder...
Knysna se Olifante
Die Suid-Kaapse kusdorp Knysna het homself die afgelope paar jaar onteenseglik bewys as een van Suid-Afrika se gewildste bestemmings en wanneer mens begin om al die dorp se besienswaardigdhede op te noem kan jy nie anders as om saam te stem nie.
'n Verdere interessante perspektief word weergegee op die dagjoernaal (blog) van ene Kyker se Kuierplek: My gedagtes oor plekke, mense en dinge waar hy spesifiek gedates ruil rondom die misterieuse Knysna Olifante. Hy skryf as volg:
Lees verder...
|
|
|
|
|
|