Lekker Afrikaanse Resepte
Vertoon:
 
Heerlike skons resep vir onkundiges in die kombuis

 

No Picture
 
Skrywer: Stefan Maree
Gradering: Picture / (9 Stemme)
Beskrywing:

Skons resep vir onkundiges in die kombuis! Baie maklik vir die man wat sy vrou wil bederf of self vir die pas getroude onkundige huisvrou - deur n man vertaal!

 
 
Bestanddele:

Hê in jou kas: (vir +/- 8 skons) (vir 12 groot skons)

• 500g pakkie bruismeel/self raising- 1 kg pakkies bruismeel/self raising
• 1 teelepel bakpoeier - 2 teelepels bakpoeier
• ¾ t sout - 1 ½ t sout

Hê in jou yskas:

• 125g pakkie margarien - 250g pakkie margarien
• 1 eier - 2 eiers
• 250ml karringmelk - 500m karringmelk
• Melk - melk

Wat het jy nodig:

• Koek meel om onder deeg te gooi vir uitdruk
• Rasper om margarien te rasper
• Skons afdrukker
• Hand klitser
• Sif om meel deur te sif (dit vang klontjies en maak meel lig en vol lug)
• Oond bakplaat om skons in te bak
• Cookie Spray vir spuit van pan sodat die skons nie vas sit nie
• 1 koppie maat beker
• Groot meng bak vir meel en klein meng bakkie vir eiers en karringmelk

 

 
Voorbereiding:

Metode: Sit oond aan op 180 grade C en met konveksie aan. Neem bakplaat en spuit met Cookie Spray en sit eenkant. Sif bruismeel, sout en bakpoeier saam deur in meng bak. Neem nou die handklitser en meng alles lekker saam deur en ook om dit lig en deurlug te maak. Neem nou die ys koue margarien (hou dit heeltyd in die yskas dat dit nie warm word nie!) en die rasper. Rol die blokkie margarien deur die meel in die meng bak en rasper dit deur aanmekaar in die meel te bly werk. Meng en rasper so in die meel in.

As jy klaar is daarmee, vryf met albei hande die margarien stukkies deur die meel totdat lekker los en deur gewerk is. Werk vinnig dat dit koud bly. Breek nou die eier/s in die klein meng bakkie. Gooi 250ml karringmelk in koppie (vir kleiner resep) en vul op met melk tot vol. Voeg nog ¼ koppie melk by. (om saam 1 en ¼ koppie te maak – 310ml) Vir die groter resep moet dit 620ml wees, gebruik dan 500ml karringmelk en vul op met melk om saam 620ml te maak. Spoel karringmelk houer met melk uit. Klits nou lekker saam met handklitser/menger. Voeg dan eier/karringmelk mengsel by meel stadig en meng deur om deeg te maak.

Maak hande skoon met bietjie droeë meel op hande te gooi en vryf af. Werk deeg nou deeglik deur sonder om dit warm te laat word. Vou om en om en druk dit saam om eweredige deeg te maak. Gooi bietjie meel op werk area en plaas deeg daarop en druk plat, so ¾ duim tot 1 duim dik. Druk dan skons uit en sit langs mekaar in bakplaat.

Bak in oond by 180 grade C vir 25 tot 30 minute. Hulle behoort reg te wees teen 25 minute, dit hang af van oond tot oond. Leer jou oond ken. As klaar is, haal uit en laat afkoel.

 

 
Addisionele Notas:
As hulle koud is kan jy hulle in sakkie sit en vries en ontdooi soos nodig. Lekker eet!

 

 
Voorbereidingstyd: 45 minute Moeilikheidsgraad:Baie maklik
Porsies:12 porsies Hoeveelheid:
Land/Streek:Suid Afrika Koste per porsie:Ek weet nie, ek bak
Vegetaries:Nee Dieet vriendelik:Nee
Laas Opgedateer:Wed Feb 4 15:42:47 2009 Besigtig:6259 kere besigtig
Resep Gradering
1 (Nie sleg nie) 1
Picture
2
Picture
3
Picture
4
Picture
5
Picture
5 (My vingers afgeëet)

 

LEDE INSKAKELING

WIE IS AANLYN?

Daar is tans 27 Gaste aanlyn
Banier

LEKKER DIENSTE

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier
Banier

Klik. Koop. Laat Loop.
Banier
Banier