Aardklop Aardklop is ’n jaarlikse nasionale kunstefees wat hom graag wil onderskei as ’n kunstefees van top-gehalte in Suid-Afrika en is 'n toonvenster van die beste van huidige en ontwikkelende kunsteneigings in Suid-Afrika en die wêreld.
|
1914 |
InniBos Laeveld Nasionale Kunstefees
|
1518 |
ABSA KKNK Jaarlikse fees op Oudtshoorn, in die hartjie van die Klein Karoo.
|
1212 |
Volksblad-kunstefees Volksblad-kunstefees is ‘n inklusiewe, unieke en genotvolle geleentheid waardeur ‘n belangstelling in en ‘n geesdrif vir die kunste bevorder word en wat ook ekonomiese voordele vir alle betrokkenes en die gemeenskap in die algemeen inhou.
|
1557 |
Rittelfees Die Rittelfees het ontstaan met die primêre doel voor oë om die Matzikama Distrik en sy mense op te hef en te help.
|
1885 |
Woordfees Hierdie fees van die Universiteit Stellenbosch wat sedert 2000 jaarliks in die eerste of tweede week van Maart aangebied word, is 'n unieke Suid-Afrikaanse skrywers- en kunstefees wat woorde (as ruim begrip) sentraal stel: in boeke, drama, debatte, musiek, visuele kuns en veel meer.
|
1662 |
Karoo Hartfees Die idee vir die Hartfees is gebore in die verbeelding van ‘n paar entoesiastiese inwoners wat glo dat Beaufort-Wes so ‘n gebeurtenis nodig het om weer ‘n positiewe fokus op die dorp te plaas, toerisme te bevorder, die breë gemeenskap te bevoordeel en sekere diensleweringsorganisasies soos bv.die trauma eenheid van die hospitaal finansieël te help.
|
1561 |
Kalahari Kuierfees Die fees het sy ontstaan gehad in 1992 as die SAD Rosyntjiefees. Die fees is in sy totaliteit op die Eiland vakansie-oord aangebied. Reg van die begin was dit 'n reuse sukses met wye media blootstelling.In 2000 is die fees oorhandig aan die Noord-Kaap se mense. Dit het 'n artikel 21 maatskappy geword met die nuwe naam, Kalahari Kuierfees. Die fees het uitgebrei ook na ander venues wat nou die kunste in die vorm van teater insluit.
|
2332 |